![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|||
![]() |
|||
AS DIE WIND OM DIE HOEKE HUIL Waar gaan jy as eensaamheid jou omvou.Waar gaan jy as die wind om die hoeke huil. Wie gaan jou vas hou en sê als is ok. En jy sit en jy staar. En jy onthou, hoeveel keer het jy al seer gekry. Hoeveel keer het ’n trok al oor jou hart gery. En jy sit en jy wonder. Wie gaan jou vashou en sê als is ok. Jy vat nog ’n slukkie van jou bitter soet wyn. Suig aan ’n sigaret en staar. Môre het die eensaamheid bedaar. En saggies bid jy, dat die wind sal ophou om die hoeke huil.
|
|||
|