PERSKEBLOEISELS
As die son van die aarde wyk.
Gooi jou arms vry in die wind.
Jy moet die pad van gister vergeet en na môre wink.
Vergeet van jou fonteine van menslike smart.
Sien die lente droom.
Blomme bont gestrooi.
Perskebloeisels wat ontplooi.
Vergeet van grys en blou.
En vind jou geluksgawes.
Kyk na die reënboog vlaktes.
Wees bedaard en verstaan.
Sien die lente droom.
Weet dat bont gestrooide blomme
en
perskebloeisels, nooit sal vergaan.
So gooi jou arms in die wind
en
sien hoe die son vir jou wink.


|